LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+52
Selfsorg in Oudtshoorn

Memories Self-Catering @ 5 on Smith

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Memories Self-Catering @ 5 on Smith bied selfsorgverblyf in 3 nuwe semi-losstaande eenhede in 'n klein sekuriteitskompleks met toegangsbeheer in Oudtshoorn. Dis in die gewilde Wesbank-woonbuurt geleë en naby die Wesbank Laerskool. George Lughawe is net 61 km hiervandaan.

Daar is 3 eenhede genaamd Aloe, Karoo Rose en Spekboom wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dakwaaier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word (gaste kan dié opsie versoek) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër is in elke kamer beskikbaar.

Elke kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en ander kookgerei toegerus. Die leefkamers het elkeen 'n groot, gemaklike hoekrusbank en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gedurende beurtkrag hou 'n klein omsetter die ligte, TV en WiFi aan. Ongelukkig sal geen kragproppe tydens beurtkrag werk nie.

Die leefareas bied elkeen toegang tot 'n privaat stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n tafel met stoele sodat gaste die soel somersaande van die Klein-Karoo kan geniet. Elke eenheid het 'n outomatiese wasmasjien en 'n wasgoeddraad is in die tuin beskikbaar. Daar is ook vir elke eenheid 'n onderdakparkeerplek voor die voordeur of aan die kant.

Indien gaste op soek is na 'n plek om onvergeetlike vakansieherinneringe te maak of vir oornagverblyf tydens 'n sakereis of sporttoer in Oudtshoorn is Memories Self-catering die perfekte plek.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Annette S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Pragtige plek, gerieflik en goed toegerus.
Aug 2026
Darleen K
5.0
It was an amazing 2 nights we had. Keep up with what you are doing. Thank you. It was too short. We had an awesome stay, everything tha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
David P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies. Baie veilig. Baie lekker gekuier. Baie mooi plek. Baie netjies. Baie vriendelike ontvangs.
Jul 2026
Mona M
Gesin met tieners
5.0
Sal nie omgee om terug te gaan nie. Baie skoon en netjies, kon self inboek en uitboek, wat ons baie gehelp het na 'n lang dag. Als wat nodig was, baie...
Sien meer
Jul 2026
Maria T
Gesin met tieners
5.0
Alles wat ons nodig gehad het. Pragtig en netjies. Alles wat ons nodig gehad het. Baie lekker gebly.
Jul 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Memories Self-Catering @ 5 on Smith het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 450
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 450
per nag, vir 2 mense
Bespreek

5 Smith Street, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATWLjMrbwVZzvqHRt35rgY5DsgysgLfZE6gDMgnglZLLVKPMJoH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 5 Smith Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.598122876549 22.193339825726
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang