Oudtshoorn Akkommodasie by Memories Self-Catering @ 5 on Smith | LekkeSlaap
+29

Memories Self-Catering @ 5 on Smith

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R799 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Memories Self-Catering @ 5 on Smith bied selfsorgverblyf in 3 nuwe semi-losstaande eenhede in 'n klein sekuriteitskompleks in Oudtshoorn. Dis in die gewilde Wesbank-woonbuurt geleë en naby die Wesbank Laerskool. George Lughawe is net 61 km hiervandaan.

Daar is 3 eenhede genaamd Aloe, Karoo Rose en Spekboom wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n plafonwaaier. Elke kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word (gaste kan dié opsie versoek) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër is in elke kamer beskikbaar.

Elke kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en ander kleiner toebehore, eetgerei en breekware. Die sitkamers het elkeen groot, gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv.

Die leefareas bied elkeen toegang tot 'n privaat patio met ingeboude braaigeriewe en 'n tafel met stoele sodat gaste die soel somersaande van die Klein-Karoo kan geniet. Elke eenheid het 'n outomatiese wasmasjien en 'n wasgoeddraad is in die tuin beskikbaar. Daar is ook vir elke eenheid 'n parkeerplek voor die voordeur of aan die kant.

Indien gaste op soek is na 'n plek om onvergeetlike vakansieherinneringe te maak of vir oornagverblyf tydens 'n sakereis of sporttoer in Oudtshoorn is Memories Self-catering die perfekte plek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 17 resensies vir Memories Self-Catering @ 5 on Smith
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Memories Self-Catering @ 5 on Smith het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R799
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R799
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smithstraat 5, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATWLjMrbwVZzvqHRt35rgY5DsgysgLfZE6gDMgnglZLLVKPMJoH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R799  per nag (vir 2 persone) 17 5 1 5 5 Smith Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.598122876549 22.193339825726
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za