Menorca 106
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northbank-laan, Century City, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 690 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Menorca 106 is in Century City, Wes-Kaap, net oorkant die ikoniese Canal Walk-winkelsentrum geleë. Hierdie lieflike selfsorgwoonstel is die ideale opsie vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie waar gaste die wateruitsigte kan bewonder.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Twee van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en een het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix en gratis WiFi is beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n balkon met sitplek en 'n gasbraai.
Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad, gimnasium en 'n swembad waarin gaste lengtes kan swem. Die swembad is ongelukkig nie beskikbaar aan gaste onder die ouderdom van 13 nie. Veilige parkeerplek is ook in die kompleks beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Safeera Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 8
Resensies 3
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Northbank-laan, Century City, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Menorca 106 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Century City Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northbank-laan, Century City, 7441, Wes-Kaap