- Kapasiteit: 82 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eufees-straat 74, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R984 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Middelburg Country Club spog met ’n luukse gastehuis met 40 slaapkamers en 2 baie luukse suites wat perfek vir sakereisigers, sportmanne- en -vroue, sportspanne en naweekgroepe gerig is. Gesinne is meer as welkom en die jongspan kan veilig op ons groot perseel speel.
Al die slaapkamers het en suite-badkamers met storte en het ook stoepe met ’n braai wat op die gholfbaan en motorafdakke uitkyk.
Die standaardslaapkamers bied lugversorging, 'n slaapkamer met 2 dubbelbeddens, 'n TV, spieëltafel met ’n stoel, etenstafel met 2 stoele, en suite-badkamer, volledig omheinde stoep met 'n tafel en stoele en 'n uitsig oor die pragtige 18 putjie-gholfbaan.
Die lodge se gaste word outomaties tydelike lede van die Middelburg Country Club en kan daarom deelneem aan al die sportsoorte en gebruik maak van al die fasiliteite vir die duur van hul besoek. Die gastehuis se ontvangsarea word 24 uur per dag beman vir ons gaste se gerief.
Die klubhuis bied ’n à la carte-restaurant, hoofkroeg met dansvloer, ’n intieme kroeg met snoeker- en pooltafels, konferensielokale, 3 muurbalbane, 6 tennisbane, 2 rolbalbane, ’n swembad, ’n verversingstasie en ’n gholfwinkel. Die Country Inn Restaurant bedien ’n verskeidenheid ontbyte, middagetes, geregte van die dag en aandetes.
Die manjifieke 18-putjie-gholfbaan was al gasheer vir ’n aantal Suid-Afrikaanse en provinsiale kampioenskappe en bied ’n uitdagende potjie gholf met ’n skuins kikoejoe-skoonveld, ’n reguit setperk en ’n veldgras-ruveld.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.4/5
JOHAN Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Jare op LekkeSlaap 9
Ligging
- Eufees-straat 74, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Middelburg Country Club het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Clubville Middelburg Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 82 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eufees-straat 74, Clubville, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom