Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nirvana 12

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 425 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Nirvana 12 is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstrand. Dit is ideaal vir 'n naweekwegbreek by die see aangesien dit stapafstand vanaf die strand geleë is, waar 'n mens die asemrowende uitsig op Tafelberg kan bewonder.

Die stylvolle woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en bied toegang tot die tweede badkamer wat ook 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met sitplek vir 4. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi en bordspeletjies is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n oulike balkon vanwaar 'n mens die branders kan hoor en die seebriesie kan geniet. Die kompleks bied veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Bloubergstrand bied 'n rits aktiwiteite en gewilde restaurante en winkelsentrums.

Slaapplek

’n Bespreking by Nirvana 12 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 652

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 425
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 425
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corallaan 22, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA94f805d9e9593007f81c8eedc838cb9e48630abfd4e70d8a7d5e24eade47088f3d03117d3284ddab86809e52323330a85ca8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 425 per nag (plek vir 4) 22 Coral Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.817301 18.475504
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem