+30
Selfsorg in Hoedspruit

Nkanyi Wildlife House and Cottage

Resensies

3.2/ 5

Gebaseer op 2 resensies


Netheid
3.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
2.0
Diens
2.5
Veiligheid
4.5
Louis V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Jan 2026

Teleurstellend en nie waarde vir geld nie. Ons het nie lekker gebly nie. Die foto's het nie die werklikheid weerspieël nie, onder andere groot handdoeke met mooi blommetjies opgerol (twee bitter klein handdoeke is verskaf), swemhanddoeke (geen). Die hoofslaapkamer se scatter cushions is sonder kussingslope op die bed gesit, die yskas was vuil bo-op, die een vadoek was klam en het muwierig geruik. Soos mens teen die trappe opgestap het, kon mens sien die vloer is vuil en stowwerig, die een bed was net half opgemaak. Die beskrywing adverteer ook 2 slaapkamers en twee badkamers in die hoofhuis. Die tweede badkamer (die een met 'n stort) is egter buite die huis, en mens moet by die hekkie uit en op die sand loop en in volle aansig van die straat. Dit dan met 'n piepklein handdoek (!?). Die bed se matras is of baie oud of van swak kwaliteit, want dit is besonder ongemaklik en pap gewees. Ons merk dat die vorige resensie ook daaroor gekla het.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Mercia W
1 nag
3.8
Jul 2023

Lekker gekuier. Buite-area was goed, maar die uitleg was nie geskik vir die groepsamestelling nie. Die akkommodasie is stylvol en pragtig. Ons het egter 'n paar haakplekke ervaar. Ons was 4 volwassenes in die groep, wat graag elkeen op 'n eie bed wou slaap. Die uitleg van die huis was 'n probleem. Een dubbelbed in die hoofslaapkamer, een in die woonstel en 2 slaapplekke in die "loft". Dit was werklik moeilik om 'n tas teen die steil trappe na die boonste slaapgeriewe te kry. Om in die aand na 'n badkamer teen die trappe af te gaan was problematies. Die privaatheid op die boonste kamers was nie na wense nie. Die badkamers was ongerieflik aangesien 3 in die huis geslaap het, en daar net 'n bad was. Die afwesigheid van 'n stort in die huis of woonstel was 'n leemte aangesien daar 2 ouer persone in die groep was, en net 'n stort buite die huis. Dit was 'n redelike koue naweek en daar was net 'n tafel en stoele buite. Ek sou ook voorstel dat daar 'n verskeidenheid van kussings is, die kussings was baie hard. Ek dink dat die huis 'n heerlike blyplek is vir 2 pare, maar vir ons groepsamestelling het dit nie gewerk nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mgr Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 17

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
R 5 638
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 638
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 5 638
per nag (plek vir 6)
Bespreek

430 Taaibos Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Instagram
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd4fbdb9ca68d8009611da226f143d5bc825b13ef65b4b4e884cbce3ea124f907b88c3512aafeafdf6f2c66725fedf6232b00?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 638 per nag, vir 6 mense 2 5 1 4 430 Taaibos Street Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.346139 30.9732917

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang