Pick your preferred language

English

Afrikaans

+41
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 11 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Olijvenhuis is op 'n plaas 5 km buite Beaufort-Wes geleë en bied ruim akkommodasie, ideaal vir 'n gesin, en is 'n goeie oornagplek wanneer jy reis.

Die 2 kothuise, omring deur 'n olyfboomboord, is volledig toegerus en bied gemaklike akkommodasie vir 6 persone op 'n slag. Die ruim gesinskamer bestaan uit 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, 'n klerekas, 'n haardroër, 'n waaier, elektriese komberse, 'n verwarmer, wit linne en handdoeke. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak, en daar is 'n aparte gastetoilet.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, sowel as 'n dagbed en 'n enkelbed vir 2 bykomende gaste. Daar is 'n TV met DStv-kanale vir gaste se vermaak, sowel as 'n lugversorger en 'n waaier.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die leefarea het 'n binnebraai, wat ook in die winter as 'n kaggel gebruik kan word. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 persone.

Daar is 'n buite-onthaalarea met 'n boma en sitplek vir 10 persone. Daar is ook 'n groot buitebraai. Braairoosters word voorsien, en potjiekospotte is te huur.

Aan die kant van die huis is daar 'n onderdakparkeerplek, en daar is genoeg oop parkering vir ander voertuie.

Olijvenhuis bied panoramiese uitsigte oor die reuse Muweveldberg, wat eens die tuiste van die San-mense was. Gaste kan ook snags sterrekyk in die skoon lug.

In die dorp Beaufort-Wes kan gaste die Chris Barnard-museum besoek en ook al die historiese geboue wat die dorp bied, bewonder. Donkiekarritte kan op versoek gereël word, en daar is talle winkels en restaurante wat gaste kan besoek.

Die omliggende plase bied unieke ekotoerisme-liggings met talle stap-, fiets- en 4x4-roetes. Die Karoo Nasionale Park, net buite die dorp, bied wildritte en die geleentheid om 'n groot verskeidenheid wild te sien. Hierdie park is ook 'n reddingsentrum vir die bedreigde Swartrenoster.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 315 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Natashia R
Gesin met tieners
5.0
Vriendelike en gasvry. Ons het ons tydjie in die Karoo uiters geniet. Die stilte was goed vir die siel.
Des 2025
Choppie S
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend. Baie lekker gebly. Plek was baie skoon en netjies en ons diere kon lekker vry rondhardloop.
Des 2025
Minette V
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker en rustig. Ons het baie lekker gebly, was rustig en alles wat ons nodig gehad het.
Des 2025
Izabella E
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig. Het baie lekker gebly, net kort. Die stortkop kort bietjie aandag en die muskiete het ons weg gedra.
Nov 2025
Niki M
5.0
It was lovely! It was lovely! It was a one-night stopover on our way to Cape Town. But we would have loved to stay longer!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Wouter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 315

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olijvenhuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 720
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 720
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 720
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Hopewell Road, Suid-Lemoenfontein, Beaufort Wes, 6970, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 11 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjZTMwM2U1LTAzNzUtNDg0Yy05YWQ4LTM0NDhkYTBiYjFhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag, vir 2 mense 315 5 1 5 Hopewell Road Suid-Lemoenfontein 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.341833333333 22.631297222222
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang