8 gaste
3 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 149 Cilliers Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Ons Kraal Holidays is 'n bekoorlike selfsorghuis wat net 200 m van die ongerepte Franskraal-swemstrand af geleë is. Dis die ideale wegbreekplek vir 'n groep vriende of 'n familie wat op soek is na gerieflike verblyf naby aan 'n verskeidenheid doendinge.
Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers en daar is slaapplek vir tot 8 mense. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n volle en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Die tweede slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die derde slaapkamer bied slaapplek op 2 driekwartbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer.
Die kombuis is ten volle toegerus vir die voorberei van maaltye met 'n yskas-vrieskas, 'n konveksie-oond en -stoof, 'n oond onder die toonbank, 'n skottelgoedwasser en 'n opwasarea met 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër en strykgeriewe.
Die eetkamer- en sitkamerarea is oopplan met 2 tafels en sitplek vir 8 mense. Die sitkamer het 2 gemaklike slaapbanke vir 2 ekstra mense. Daar is ook 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste is meer as welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.
Ons Kraal Holidays het 'n ingeboude braaiplek bo-op die motorhuis wat geteël is en kindervriendelike-relings het. Veilige parkeerplek vir voertuie is beskikbaar. Die eiendom is net 5 km van die dorpie Gansbaai af wat bekend is as dié plek vir
walviskyk en haaihokduik. Daar is ook heelwat restaurante en winkeltjies in die dorp om jou te vermaak.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Michele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 149 Cilliers Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Ons Kraal Holidays het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
149 Cilliers Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang