6 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Mamogalieskraal, Brits, 0250, Noordwes Sien kaart
Beskrywing
Oryx Lodge is aan die buitewyke van Brits geleë en bied gehalte-bosveldverblyf naby Pretoria. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat lief is vir die natuur en op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die huis het lugversorging en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir kinders. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Al die kamers het plafonwaaiers.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv, en dit lei na die stoep met 'n groot etenstafel en genoeg sitplek. Daar is 'n binnebraai met ekstra sitplek en 'n tafel met stoele.
Gaste kan braaigeriewe, 'n swembad en 'n boma geniet.
Let asb. dat troeteldiere nie toegelaat word nie omdat daar wild op die plaas is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Alet Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 57
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Mamogalieskraal, Brits, 0250, Noordwes
- Gaste dink Oryx Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Mamogalieskraal, Brits, 0250, Noordwes
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang