- Kapasiteit: 34 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 5 St Mark's Pad, , Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Park Place Boutique Guesthouse is 'n gesofistikeerde, Victoriaanse herehuis in die hartjie van Oos-Londen, die toegangspoort tot die Sonskynkus en die Wildekus aan Suid-Afrika se Oos-Kus.
Park Place het 'n presidensiële suite met sy eie privaat parkeerplek, 4 "executive" kamers, 5 "deluxe" kamers, 5 standaard kamers, 2 enkelkamers en 2 tuinkamers. Ons gastehuis het altesaam 19 kamers wat pragtig ontwerp is. Elke kamer het 'n unieke karakter en is toegerus met lugversorging, 'n luukse badkamer, haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, yskas, DStv (hotelpakket) en Charlotte Rhys-gastegeriewe.
Geriewe: etes by The Scarlet Ibis Restaurant of The Ibis Bar and Lounge, luukse konferensie geriewe, veilige parkering op die perseel, groot swembad (10 meter), WiFi in al die kamers, 24/7-ontvangs en portier, en 'n pendeldiens.
'n Groot verskeidenheid spesialiste is geleë in die omliggende omgewing - die meeste is stapafstand van die gastehuis af. Park Place se ligging, in die hartjie van Oos-Londen, beteken natuurlik ook dat al jou gunsteling inkopiebestemmings baie maklik is om te bereik: Vincent Park Winkelsentrum is net 'n paar kilometer van ons af, Hemingways Winkelsentrum en ander, kleiner, winkelsentrums is ook naby aan die gatehuis. Oos-Londen Gholfbaan het die Afrika Ope vir 'n hele paar jaar in 'n ry aangebied en is net 5 km van Park Place af. Buffalo Park Krieketstadion en ABSA Rugby en - Atletiekstadion is ook baie naby.
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 5 St Mark's Pad, , Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 34 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 5 St Mark's Pad, , Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap