Pick your preferred language

English

Afrikaans

+57
Gastehuis in Myoli Strand

PiliPili Beach Cabanas

  • Slaapplek vir 58 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 2 Claude Urban Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

PiliPili Beach Cabanas is op die strandfront in Sedgefield geleë. Hiér kan gaste 30 km se ongerepte strande, die riviermonding en Sedgefield self verken. Dié dorp is halfpad tussen Knysna en George geleë.

Gerieflike verblyf word in 2 gesinskamers, 3 dubbelkamers, 2 wittebroodkamers en 3 slaapsale gebied. Die en suite-hutte kan as gesinseenhede vir 4 gaste of as dubbel- of 2-enkelbedkamers bespreek word. Al die kamers het balkonne wat reg rondom die kamer strek en bied 'n uitsig oor die strand, see en natuurlike fynbos. Die slaapsaal is ideaal om ander reisigers te ontmoet. Die hele slaapsaal kan ook bespreek word vir 'n groep vriende indien daar vroegtydig bespreek word.

Ontbyt, wat ingesluit is, middagete, aandete, koffie en skemerkelkies is by PiliPili Beach Restaurant beskikbaar op die onderste verdieping. Die restaurant bied 'n rustige atmosfeer en die pizzas is vars. Gaste kan tussen 'n dun basis of hout-gebak kies. Die ribbetjies en seekos is veral gewild.

Die Tuinroete bied verskeie doendinge en besienswaardighede en gaste kan bedags uitstappies na verskeie areas neem. Doendinge in die area sluit staanroei, vlieërbranderry, valskermsweef, voetslaan, kanovaart, reksprong, bergfietsry, perdry, skubaduik, haaihokduik, walviskyk en wynproe in.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
George B
Gesin met tieners
5.0
Great. Baie lekker venue ideaal vir familie.
Des 2025
Natasha L
Saam met lewensmaat
5.0
Was great, clean, quiet. Was great and the ocean views from the honeymoon suite were magnificent. Just would have liked water to drink ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Elna D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Dit was ongelooflik lekker en by die see.
Sep 2025
Pieter S
Gesin met tieners
5.0
Bake fantasties. Wonderlike plek, gasvryheid was uit die boonste rakke, moontlike aanbeveling; kamers net moontlik voor die tyd reg kry, sodat gaste n...
Sien meer
Jan 2025
Jolanda D
Saam met lewensmaat
4.2
Uitsig was mooi. Het honeymoon suite geboek en was net 'n kamer met groot bed, niks luuks nie.
Nov 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Mgr Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 2 Claude Urban Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink PiliPili Beach Cabanas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 036
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 036
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 036
per nag, vir 2 mense
Bespreek

2 Claude Urban Drive, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 58 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAR6hQ7QHCdZnJ0Q2RNR7h5p6f7LpjuK188AGsCGKZHqmiVqEei5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 036 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 2 Claude Urban Drive Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.033481262471 22.802011370659

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang