Plekkie Byri See
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Sceptre-singel, Bloubergrand, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R675 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Plekkie Byri See is in Table View in Kaapstad geleë. Die goue strande van Bloubergstrand is slegs 400 m weg en perfek vir watersportsoorte soos vlieërbranderry. Ander doendinge in die omgewing sluit vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet in.
Dié woonstel is op die eienaar se perseel en het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort en 'n bad.
Die kombuisie is met 'n oondjie, tweeplaatstoof, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasbak met warm en koue water. Die eetarea het sitplek vir 2. Daar is ook lugversorging in die slaapkamer, gratis WiFi, 'n TV met die volle DStv-pakket, bordspeletjies en 'n boekrak met boeke.
Die leefarea en slaapkamer lei na 'n stoep met sitplek, braaigeriewe en 'n swembad vir die eksklusiewe gebruik van die 2 gaste by Plekkie Byri See en die eienaar. Let wel dat die eienaar 2 vriendelike honde het, maar dat hulle van die swembadarea af weggehou kan word.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die MyCiTi-bushalte, die Bayside Mall en die nuwe Table View Mall (almal 10 minute se stap) in. Die Blaauwberg Netcare Hospitaal is 15 minute se ry ver.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Pim Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Sceptre-singel, Bloubergrand, Table View, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Plekkie Byri See het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Table View Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Sceptre-singel, Bloubergrand, Table View, 7441, Wes-Kaap