+41
Gastehuis in Hanover

Ramino Guest Farm

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Martin H
1 nag
5.0
Jan 2026

Perfekte rusplek vir die langpad. Het oppad van Gauteng na Wes-Kaap hier oorgeslaap en dieselfde weer terug. Was waarlik 'n goeie vind vir my! Linda was baie vriendelik met ontvangs. Die kamer was skoon en netjies. Die omgewing baie stil en rustig, die 4 km stukkie maklike grondpad (ek ry 'n "hatchback" en dit was geen probleem) isoleer jou van enige grootpad geraas. Het baie goeie rus ingekry vir die volgende reis sessie. Het ook baie sterre gesien die eerste maanlose aand. Het volgende oggend 'n beeldskone sonsopkoms gesien oor die vlakte terwyl ek aan die lekker beskuit peusel. Selfoonsein is baie laag, maar daar is WiFi. Spoedtoets het my so 6 Mbps gewys, genoeg vir 'n WhatsApp oproepie of om 'n Netflix episode te pre-laai. Ek sal graag weer hier in die toekoms boek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karin M
1 nag
5.0
Des 2025

Plek was pragtig en die sterre in die aand asemrowend. Ons het baie lekker gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
Ramino Guest Farm
Dankie, kom kuier gerus weer!

Nat S
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Amazing, would go again! Great visit, friendly host, lovely accommodation, warm pool, delightful visit.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2026

Rustig en stil, mooi sterre, baie lekker gebly! Baie rustige plaas buite Hanover.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chrisna S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2025

10/10. Dit was 'n ongelooflike oulike plek, skoon en baie netjies. Alles wat 'n mens nodig het vir 'n oornag. Omtrent 25 km af van die snelweg waarvan daar 'n entjie grondpad ook was. En Tannie Linda wat jou ontvang is dierbaar! Vir seker 5 ster ontvangs ook! Ons sal vir seker weer daar oornag!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tim Andre P
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2025

Baie aangename akkommodasie. Lekker plaasverblyf, sal dit voorstel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Janet H
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2025

Clean and comfortable. Great location, a little bit off the N1 for a stopover but worth it if you have the time. Shared kitchen and lounge, great if you like to socialise with other guests.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Chantelle F
1 nag Gesin met klein kinders
4.0
Jan 2025

Baie lekker en gemaklik. Baie lekker en gemaklik oorgebly met Linda as gasheer. Die gasteplaas huis skort niks en is baie mooi en netjies. Die omgewing is mooi en rustig. Lekker gebraai en sterre kyk hier was ongelooflik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Bert V
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2024

Heerlike plaaskuier met gasvrye eienaar. Die verblyf was baie aangenaam. Goeie beddens en genoeg fasiliteite. Eintlik moet mens meer as een aand hier oorbly. Al wat pla, is die toegangspad wat baie sinkplaat is. Toegang by die hek was ietwat onduidelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Dieter C
1 nag
4.8
Jan 2023

Pragtige ligging. Die foto's van die verblyf skets nie die hele prentjie nie. Ek't 'n enkelkamer bespreek, maar was nie bewus dat ek 'n kombuis met ander gaste deel nie. Dit was wel nie 'n probleem nie aangesien ek alleen gereis het. Maar die huis mag dalk nie geskik wees vir 'n gesin wat privaatheid verlang nie. Die verblyf het geensins selfoonsein of wifi nie. Nietemin, die plaas en ligging is besonders mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Linda
Ramino Guest Farm
Dankie vir die waardevolle inligting Dieter. Ek sal dit duideliker beskryf op die webblad dat die kombuis en leef area gesamentlike spasie is vir al die gaste.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Ramino Guest Farm, Hanover, 7005, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyNjViYzQ4LTQ3ZDYtNDRiNy04OGI3LWVjZjg4NzdhNDQ3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 Ramino Guest Farm Hanover 7005 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.204476328383 24.572066813707
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang