Pick your preferred language

English

Afrikaans

+71
Selfsorg in Groot-Karoo

Rooiheuwel Holiday Farm

  • Slaapplek vir 101 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Rooiheuwel is 'n selfsorg-gasteplaas in die Kaoo. Dis geleë op die pragtige platorand van die Nuweveldberge in die Groot Karoo met sy tipiese Karoo-berglandskap. Ons is sowat 80 km wes van Beaufort-Wes en 60 km noord van Leeu-Gamka.

Verblyf is beskikbaar in 'n plaashuis, 'n plaasopstal met 'n kaggel (ideaal vir oornagverblyf), 'n skaapwagterhuis (kliphuisie) in die veld, en 'n kampeerterrein onder doringbome met ablusiegeriewe en elektrisiteit.

Ons nuutste eenheid "Grootdroom" is 'n pragtige berg-chalet aan die oewer van 'n droë rivierbedding wat deur die Nuweveldberge omring is. Hierdie vakansiehuis is ingerig vir gerieflike verblyf met 'n 12 volt-sonkragstelsel wat elektrisiteit verskaf vir toestelle soos die yskas en ligte.

Die Karoo is 'n reuse semi-woestyn met die grootste verskeidenheid vetplante in die wêreld, veelsydige flora asook 'n verskeidenheid primate, wild, reptiele, ongewerwelde diere en voëls.

Rooiheuwel is 'n veilige en ideale bestemming reg deur die jaar vir stappers (eerste groenvlag-toegekende staproete in die Karoo), voëlkykers, 4x4 toergroepe, dubbeldoel-motorfietsryers, bergfietsryers, perderuiters, konferensiegroepe, omgewings-opvoedkundige groepe en kampeerders.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Charne S
5.0
Baie lekker gebly. Sal weer teruggaan. Ons het baie lekker gebly en kuier. Kom die plaaslewe ten volle geniet. Vir 'n groot groep is die yskas bietjie...
Sien meer
Des 2025
Marais D
Saam met lewensmaat
5.0
Kliphuisie is vir my 'n spesiale wegbreekplek om die stilte en rustigheid van die. 4de keer in vyf jaar wat ek Kliphuisie besoek het, so ja, dis besli...
Sien meer
Des 2025
John H
5.0
Our 4th visit, Grootdroom cottage, stay a minimum of two nights for full Karoo value. Big sky Karoo tranquility.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2025
Lee S
Gesin met klein kinders
4.6
Karoo magic. We had a lovely stay in the quiet peace of the Karoo. It is worth mentioning that there is no electricity in this house ot...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Zorinda G
Saam met lewensmaat
4.4
Lekker gebly. Ons het baie lekker gebly. Mens kort beslis 'n hoë kar om by die huisie uit te kom, redelik afgesonder. Maak seker jy kom in die daglig ...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Flip & Marge Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rooiheuwel Holiday Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 350
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 350
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 350
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Rooiheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 101 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGaK7fDkRUnJQsiS7cuIVcp9BE805CzMPRZpqPDDhEj4mP0tEwl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 Rooiheuwel Beaufort-Wes 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -32.374656288729 21.887345910072
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang