8 gaste
3 slaapkamers
6 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Saints View Resort Unit 16 is ’n seefront-selfsorgwoonstel op die eerste verdieping in die hartjie van die Hibiskuskus, KwaZulu-Natal. Dié woonstel is stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy skilderagtige strandmeer. Die meeste van die eenhede bied pragtige see-uitsigte.
Saints View Resort Unit 16 bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea slegs vir kinders onder 12 jaar. Elke badkamer het 'n stort en 'n bad.
Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en die sitarea het lugversorging wat met koepons teen 'n ekstra koste werk. Die koepons is nie terugbetaalbaar nie. Die sitarea en hoofslaapkamer lei na die groot balkon met ingeboude braaigeriewe.
Dié luukse oord spog met ’n 9-putjie-minigholfbaan, klimrame en ’n pragtige swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die geriewe in die omgewing is ongelooflik. Geniet 'n lieflike middagete en verfbal by Mac Banan gaan maak 'n draai by die deli en bakkery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, die voëlkykdek, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponieritte. Op pad Port Edrward to is die Wild Coast Sun Casino ook te vinde. Lake Eland is ideaal vir natuurliefhebbers.
Pure Venom op die Izothapad naby Shelly Beach is gemáák vir die jongspan. Daar is verskeie slangspesies en dit is baie leersaam. Must-Byt Fishing en bootvaarte, asook diepseehengel in Shelley Beach. Vir die ouers is daar Pistols Saloon vir aandete en dans, net 'n entjie verby Ramsgate.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 746
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 16 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Corner of Collin Street and Stafford Road, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang