Saints View 416

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saints View 416 is ’n selfsorgwoonstel in die nuwe en veilige Saints View Tyddeel-oord in die hartjie van die Hibiskuskus, KwaZulu-Natal. Dié woonstel is stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy skilderagtige strandmeer. Die meeste van die eenhede bied pragtige see-uitsigte.

Saints View 416 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elk ’n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is ook ’n dubbelslaapbank in die sitarea.

Die kombuis is volledig toegerus. Die sitarea het voorafbetaalbare lugversorging en ’n TV met sekere DStv-kanale. Die sitarea en hoofslaapkamer lei na ’n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.

Dié luukse oord spog met ’n 18-putjie-minigholfbaan, klimrame en ’n pragtige swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die geriewe in die omgewing is ongelooflik. Geniet 'n lieflike middagete en verfbal by Mac Banan gaan maak 'n draai by Deli & Bakery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, Bird View Deck, klimraa, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponieritte. Op pad Port Edrward to is die Wild Coast Sun Casino ook te vinde. Lake Eland is ideaal vir natuurliefhebbers.

Pure Venom op die Izothapad naby Shelly Beach is gemáák vir die jongspan. Daar is verskeie slangspesies en dit is baie leersaam. Must-Byt Fishing en bootvaarte, asook diepseehengel in Shelley Beach. Vir die ouers is daar Pistols Saloon vir aandete en dans, net 'n entjie verby Ramsgate.

Slaapplek

'n Bespreking by Saints View 416 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saints View 416 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za