Saints View Resort Unit 16
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Apr 2024 tot 31 Mei 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 300R1 040 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Saints View Resort Unit 16 is ’n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping in die hartjie van die Hibiskuskus, KwaZulu-Natal. Dié woonstel is stapafstand vanaf die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy skilderagtige strandmeer. Die meeste van die eenhede bied pragtige see-uitsigte.
Saints View Resort Unit 16 het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers het elk ’n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is ook ’n dubbelslaapbank vir kinders in die sitarea. Elke badkamer het 'n stort en 'n bad.
Die kombuis is volledig toegerus en die sitarea het voorafbetaalbare lugversorging. Gaste moet hulle eie handdoeke saambring, sowel as 'n DStv-standaarddekodeerder en -slimkaart as hulle TV wil kyk. Die sitarea en hoofslaapkamer lei na ’n groot balkon met ingeboude braaigeriewe.
Dié luukse oord spog met ’n 18-putjie-minigholfbaan, klimrame en ’n pragtige swembad (nie beskikbaar gedurende die Covid-19-inperking nie). Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die geriewe in die omgewing is ongelooflik. Geniet 'n lieflike middagete en verfbal by Mac Banan gaan maak 'n draai by Deli & Bakery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, Bird View Deck, klimraa, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponieritte. Op pad Port Edrward to is die Wild Coast Sun Casino ook te vinde. Lake Eland is ideaal vir natuurliefhebbers.
Pure Venom op die Izothapad naby Shelly Beach is gemáák vir die jongspan. Daar is verskeie slangspesies en dit is baie leersaam. Must-Byt Fishing en bootvaarte, asook diepseehengel in Shelley Beach. Vir die ouers is daar Pistols Saloon vir aandete en dans, net 'n entjie verby Ramsgate.
Slaapplek
’n Bespreking by Saints View Resort Unit 16 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 642
Jaar gelys 9
Ligging
- H/v Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 16 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom