Sanctuary Life Guest Farm
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 23 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: NV43 Buffelsfontein-plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 280R896 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sanctuary Life Guest Farm is 20 km buite Magaliesburg geleë. Dié pragtige plattelandse omgewing is 100 km vanaf Johannesburg. Dit is ideaal vir naweekwegbreke en opwindende buitemuurse doendinge.
Dit is 'n lieflike perd-, troeteldier- en kindervriendelike plaas met asemrowende uitsigte op die Magaliesburg-berge. Daar is slaapplek vir 14 gaste in die 3 selfsorgkothuise wat pragtig en volledig gemeubileer is en 'n rustige atmosfeer het. Dit is ideaal vir gesinne wat lief is vir die buitelug.
Elke kothuis het 'n koninggrootte-bed of enkelbeddens en linne, haardroërs en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. The Rock het 'n TV, DVD-speler en DStv-toegang (maar onthou om jou eie dekodeerder en slimkaart saam te bring). Die Shelter-kothuis het 'n alles-in-een raakskerm-rekenaar met internet wat as TV dien. Let daarop dat die Bethel-kothuis nie 'n TV het nie. WiFi is ook beskikbaar. Elke kothuis het 'n patio met braai- en potjie-geriewe.
Ons plaas is perde-vriendelik. So bring gerus jou perde saam en baljaar in die weikampe, arena, lonsarena, en verken die omgewing te perd. Doen gerus navraag oor stalle vir jou perd se verblyf tydens jou tyd by ons. Ander doendinge sluit voetslaan, bergfietsry en perdry in.
Let asseblief daarop dat daar 'n paar gruispaaie is op pad na die lodge. Groepe en konferensies is ook welkom.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Blaaibord
- Kantoorgeriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Wayne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- NV43 Buffelsfontein-plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
- Gaste dink Sanctuary Life Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: NV43 Buffelsfontein-plaas, Magaliesburg, 1791, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom