Pick your preferred language

English

Afrikaans

Selfsorg in Keurboomstrand

Simplex 9 @ The Dunes

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Goed

Netheid
3.5
Ligging
3.5
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Sunette G
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2026

Effortless stay, paradise, beach holiday. Ek is gewoonlik nogal krities wanneer dit by verblyf en vakansies kom, en dit gebeur selde dat ek ’n plek verlaat en dink: ek sou môre weer terugkom. Maar Simplex 9 @ The Dunes was eerlikwaar een van die beste vakansies wat ons nog ooit gehad het – en dit sluit oorsese reise in. Die eenheid is sowat 10 minute buite Plettenbergbaai en minder as 5 minute van Keurboomsstrand af, binne ’n veilige woonlandgoed wat vroeër ’n hotel was. Dit voel nie soos ’n gewone vakansieplek nie – dit voel soos ’n oord waar jy regtig kan afskakel. Jy kan strand toe stap (daar is wel ’n bult, so dis nie net ’n reguit wandeling nie), maar as jy gelukkig is, kry jy sommer ’n lift saam met ander vakansiegangers op hul gholfkarretjies. Die strand self is iets besonders – ’n pragtige Blouvlagstrand, meestal net vir inwoners met lewensredders. Sonsondergang by die strand is ’n móét. Teen laatmiddag begin mense afstap met piekniekmandjies, kinders en stoele – dit raak ’n hele ritueel en iets wat mens regtig nie wil misloop nie. Ons is met aankoms persoonlik verwelkom deur Jeanne, en welkom laat voel, sy het dadelik op enige boodskap gereageer en was baie vriendelik. Die Simplex is bo die grondvloer geleë en vir ons perfek geplaas. Die nuwe dek kyk uit oor ’n groot grasperk en bome, en dit het vinnig ons gunstelingplek geword. Elke oggend het ons koffie gedrink terwyl Knysna-loeries mekaar in die bome rondgejaag het reg voor ons – iets wat mens nie elke dag beleef nie. Binne is die eenheid prakties, gemaklik en goed ingerig vir sy grootte. Die leefarea het ’n connected TV en betroubare WiFi. Die kombuis is nie groot nie, maar werk regtig goed – vinnige stoof en oond, en meer as genoeg basiese toerusting om gemaklik kos te maak. Daar is tot 'n braai bak! Die tweede slaapkamer met twee enkelbeddens was modern, baie gemaklik en het goeie kasruimte. Die hoofslaapkamer was vir my ’n groot pluspunt – die dubbeldeure wat na die dek oopmaak maak ’n enorme verskil, en ons het dikwels met dit oop geslaap. Die bed was heerlik gemaklik. Ons is ’n gesin van vier met seuns van vier en ses, en die badkamer het vir ons heeltemal gewerk. Die seuns was presies op daardie ouderdom waar stort iets nuuts en lekker is, en alles was eenvoudig en prakties. Wat hierdie plek egter regtig laat uitstaan, is die landgoed self. Direk voor die eenheid is ’n jungle gym, en die swembad is net ’n kort entjie weg – en volledig omhein, wat vir ons as ouers ’n enorme bonus was. Die swembad is perfek vir kinders én grootmense, met ’n vlak gedeelte vir kleintjies en ’n dieper deel vir volwassenes. Die water was warm (selfs vir ons Kaapstad-mense!), en ons het letterlik elke dag meer as een keer gaan swem, soms vir ure. Daar is ook ’n klein winkeltjie binne die kompleks, wat ongelooflik handig was – van basiese noodsaaklikhede tot ontbyt, en selfs die opsie om wasgoed te laat doen. Dis daardie klein geriewe wat ’n vakansie net soveel makliker gemaak het. Selfs oor Kersfees en Nuwejaar was dit rustig. Mense was vriendelik, ordentlik en respekvol. Geen geraas of chaos nie. Ons kinders kon op hul fietse rondry, vriende maak en speel, en ons kon van die dek af sit en kyk. Vir ouers met jong kinders is dit goud werd. Ons het 11 nagte gebly en die dae het natuurlik gevloei: oggende vir strand of uitstappies, middae by die swembad, en saans rustig afsluit. Daar is ongelooflik baie om te doen naby: Singing Kettle Beach (waar ek vir ure in die see kon ronddryf soos 'n kind!) en stap na Arch Rock was 'n absolute hoogtepunt, Knysna uitstappie, Nature’s Valley, Tsitsikamma-woud, staptogte en wildkyk – alles binne maklike bereik. Ons kon nie naastenby by alles uitkom in 12 dae nie, ons moet terugkom! Hierdie was een van daardie vakansies waar jy regtig afskakel, sonder om ooit verveeld te wees. Goeie, kwaliteit tyd. Pret. Rus. Natuur. Alles wat mens hoop ’n vakansie sal wees. Ons kyk reeds na beskikbaarheid vir volgende jaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilouise M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Jan 2025

Ideal lock-up and go vir twee mense. Nie groot genoeg vir vier mense. Die advertensie is misleidend oor hoe groot die eenheid is en die fasiliteite beskikbaar (soos braai). Die geriewe was nie skoon nie.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Jeanne
Simplex 9 @ The Dunes
Ilouise, ek is jammer julle het 'n slegte ervaring gehad. Al die vorige gaste was baie gelukkig met die ligging by die swembad, privaat strand loopafstand van die see af, sekuriteit ens. Ek sal egter die beskrywing aanpas op LekkeSlaap om mense se verwagtinge beter te bestuur in die toekoms en nuwe span aanstel om die skoonmaak van die perseel namens my te hanteer. Groete Jeanne

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Jeanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek

PO394 Road, The Dunes Hotel & Resort, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA820595dc01edb51cab72ebcaf85661b624434c2110fff50a266fbd0d5d816ba99136886dbbe51d6ac3946d19867bdcb6931d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 2 5 1 4 PO394 Road The Dunes Hotel & Resort 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.008972344992 23.421919095009

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang