Skilpad
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breedezicht-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Skilpad bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 5 slaapkamers wat op die omheinde Breedezicht-landgoed in Witsand geleë is. Die huis is rustiek en bied 'n panoramiese uitsig oor die Breederivier vanuit byna elke kamer.
Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk, 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n laaste kamer met 'n enkelbed en 'n koningingrootte-bed. Daar is ook 'n ekstra enkelbed. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Die oopplan-kombuis en aparte opwasarea met 'n wasmasjien en skottelgoedwasser is op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die grondverdieping het ook 'n oopplan-sitarea met 'n kaggel. 'n eetarea, gasbraaigeriewe en 'n gastebadkamer. Daar is 2 slaapkamers op hierdie verdieping, waar van die een die hoofslaapkamer is en 'n en suite-badkamer het.
Die boonste verdieping beskik oor 2 slaapkamers met 'n gedeelde badkamer en die tweede hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n groot kroeg met 'n kaggel en 'n oop sonbaaidek wat noord front op die boonste verdieping. Hier kan gaste 'n ogie hou wanneer hulle kinders in die nabygeleë parkie speel.
Daar is 'n TV met Openview-kanale. Die dubbelmotorhuis is beskikbaar vir gaste wat langer as 3 aande oorbly. Gaste moet hul eie strand- en badhanddoeke saambring.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Anthea Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 137
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Breedezicht-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Skilpad het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breedezicht-landgoed, Witsand, 6666, Wes-Kaap