- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 3 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng Sien kaart
Beskrywing
Sticks & Stones Gastehuis bied oornagverblyf in die Doornpoort, Montana, areas in Pretoria.
Die boomryke stad spog met 'n aantal natuurlike en kulturele besienswaardighede, sowel as belangrike ou geboue en museums wat die moeite werd is om te verken.
Verblyf word aangebied in 2 aparte eenhede, 'n grasdak-kothuis wat 2 gaste kan akkommodeer en 'n studio-eenheid met blyplek vir 1 gas. Beide eenhede is apart van die hoofhuis en mekaar geleë.
Die losstaande kothuis bestaan uit 'n gekombineerde leef-, kombuisie- en slaaparea. Dit is gemeubileer met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, terwyl die en-suite badkamer met 'n stort toegerus is. Linne en handdoeke, basiese toiletware, en elektries verhitte lakens word voorsien.
Die kothuis het 'n kombuisie wat toegerus is met verhittings- en eetgeriewe en n lessenaar/tafel en gemakstoele.
Bykomende geriewe sluit in 'n platskerm-TV met DStv, 'n privaat ingang, 'n alarmstelsel en 'n eie buitesitarea. Gaste het toegang tot WiFi, braaigeriewe sowel as veilige parkering op die perseel.
Die ateljee (studio) is gemeubileer met 'n 3/4 bed, 'n kombuisgedeelte wat verhit en eetgeriewe het, 'n lessenaar en slim TV, WiFi, 'n klein yskas, 'n mikrogolfoond en 'n ketel insluit. Daar is 'n en suite-stort, toilet en wasbak en n klerehangeenheid. Die ateljee het ook 'n eie stoeparea.
Die kothuis kan vir 1 of 2 gaste bespreek word. Die ateljee kan vir 1 gas bespreek word. Die perseel kan dus 3 gaste akkommodeer. (Kothuis het plek vir n bababedjie of klein matrassie)
Gaste kan dus net hulself, klere en ietsie te ete en drinke bring indien hul dit self wol voorberei. Ontbyt en aandetes kan teen ekstra koste vooraf bespreek word indien gaste dit verkies. Ook is wegneemetes, restaurante en supermarkte n klipgooi van die instansie.
Sticks & Stones is geleë op 'n stil eiendom 'n kort entjie van die Doornpark-sentrum se geriewe af. Dit is ook naby vulstasies, mediese praktyke, haarkappers, wegneemetes en ander restaurante, sowel as OTM'e. Die Montana-hospitaal, Wonderboom-lughawe, N1 en die N4 se Zambezi-afrit is naby.
Die eienaars en hul 2 katte woon in n aparte hoofhuis op die boomryke, ruim perseel.
Sticks & Stones bied 'n rustige atmosfeer met verskeie voëls. Nagapies word ook gereeld in die tuin gesien.
Hierdie eiendom gebruik sonkrag sodat gaste nie deur kragonderbrekings geraak word nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gerhard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng
- Gaste dink Sticks & Stones Guest Cottage & Studio het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Poplar Street, Doornpoort, Pretoria, 0186, Gauteng
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 3 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang