+23

Suikerbos Huisje

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 P Acerosa Street, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Suikerbos Huisje bied selfsorgverblyf in 'n losstaande kothuis wat op die eienaar se perseel in Danabaai geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie of klein gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek, aangesien dit naby die strand is.

Dié kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n wasmasjien. Linne word voorsien, bring asb. eie Handdoeke.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is ook 'n toonbank met stoele. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV, Gratis WiFi is beskikbaar.

Die kothuis het ook 'n ingeboude braai op die onderdakstoep en 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jacques De Klerk D
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf en goed ingerigte verblyf. Ek kan Suikerbos Huisje aanbeveel, uitstekende waarde vir geld en kliëntediens.
Apr 2025
Henda H
Saam met vriende
5.0
Prakties en gerieflik en ruim genoeg. Baie pakplek. Perfekte verblyf om te rus en ontspan. Alles beskikbaar wat jy mag benodig vir jou verblyf.
Mrt 2025
Johan C
Saam met lewensmaat
5.0
Sal enige tyd weer gaan. Gemaklike plek. Lekker mense. Baie rustig en lekker gebly.
Mrt 2025
Jaimmee-lee W
5.0
Ons sal definitief weer 'n draai gaan maak. Ons het baie lekker gebly, en is hoogs tevrede met die diens gelewer.
Feb 2025
Jerome S
Saam met vriende
5.0
A tranquil getaway with exceptional hospitality. I recently had the most wonderful stay at Suikerbos Huisje in Mossel Bay, and I can't ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Carin-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 7 P Acerosa Street, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Suikerbos Huisje het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 P Acerosa Street, Dana Bay, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc5133da6fd8a93ceb4d0d705d20f1026e552e602e87749df8f05b2ccc56388bd7565961ce1246ccf73693364ca6c9a813313?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 7 P Acerosa Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.200654396907 22.043725101305

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang