+80
Gastehuis in Sunward Park

Sunwardpark Guest House

  • Slaapplek vir 35 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 242 Kingfisher Avenue, Boksburg, 1459, Gauteng Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Sunwardpark Guest House is in die middel van Sunward Park, 'n luukse woonbuurt van Johannesburg geleë. Dit is 1,3 km vanaf die afrit na die N17-hoofweg, 11 km vanaf Carnival City en 18 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Die gastehuis is ook minder as 400 m vanaf Netcare Sunward Park Hospitaal, winkelsentrums en 'n verskeidenheid restaurante.

Verblyf word in 'n gesinskamer, standaarddubbelkamers, luukse kamers en suites aangebied en elke eenheid is individueel versier. Elke eenheid het verhitting en lugversorging, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, badkamer, 'n lessenaar en satelliet-TV.

Die kroeg op die perseel bied 'n verskeidenheid gehaltewyne, boetiek-gin, bier en premium-spiritus. Gaste kan na 'n lang dag op die lowerryke tuinterras ontspan. Dit is ideaal om die koerant te lees en 'n skemerkelkie te drink of op die internet rond te snuffel. Gaste kan 'n stewige ontbyt geniet en aandete is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die gastehuis het 'n intieme tuin-venue wat ideaal is vir 'n sjampanje-ontbytpartytjie, 'n privaat ooievaarstee of 'n kombuistee. Dié tuin-venue bied welige groenigheid en sierfonteine.

Die gastehuis bied ook 'n klein konferensielokaal wat tot 30 afgevaardigdes kan akkommodeer, sowel as 'n voldag-spyskaart teen 'n ekstra koste. Die venue is met lugversorging, 'n witbord, TV en 'n projektor toegerus.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elizabeth S
Besigheidsreis
5.0
Real value for money. Great value for money, staff are friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2026
Francois D
Saam met lewensmaat
4.8
Gemaklik, mooi plek. Ja, dankie, baie gerieflik, pragtige tuin.
Apr 2025
Molefem T
Besigheidsreis
4.8
Exceptional. Relaxing and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Nicole W
Saam met lewensmaat
4.6
Would definitely stay here again. Great stay, staff were very friendly and the room was fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2026
Riaan M
Besigheidsreis
4.6
Great stay. Stay was great. Breakfast was great, catering for all preferences. For me, the room was small but clean. Overall, a nice pl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 242 Kingfisher Avenue, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink Sunwardpark Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

242 Kingfisher Avenue, Boksburg, 1459, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 35 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6866ef5cfd7c0ac818ec679655627289d12645cf7c844074b46a91c1926ce84808c736e71d489f00f9d0da0bd44eadccc5e5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 242 Kingfisher Avenue Boksburg 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.259057648467 28.2529946

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang