Taaibos Bush Lodge
Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 20 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R2 600R2 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Taaibos Bush Lodge is in die pragtige en ontspannende dorpie Hoedspruit. Dit is naby die beroemde Krugerwildtuin en een van die mees asemrowende canyons in die wêreld, die Blyderivier Canyon. Die lodge is splinternuut en bied 'n tuiste weg van die huis in die middel van die bos in Hoedspruit Wildlife Estate. Dit is wel naby alles wat Hoedspruit en omgewing het om te bied.
Verblyf is beskikbaar in 4 luukse selfsorg-chalets wat in 'n sirkel gebou is en dus privaatheid bied. Elke chalet bied slaapplek aan 2 gaste, is smaakvol versier en het 'n koninggrootte-bed. Elke chalet het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, binne- en buitestort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die chalets het elk 'n kombuisie wat met 'n yskassie, gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die chalets het elk 'n privaat dek wat rondom 'n sentrale boma-area en swembad gerangskik is. Hier kan gaste lekker afkoel in die sprankelende swembad. Gaste kan ook 'n komplimentêre ontbyt in die sentrale lapa-area geniet. Dit bestaan uit 'n verskeidenheid vars en plaaslike produkte. Daar is 'n dek langs die swembad en 'n lieflike vuurput in die boma waar gaste tydens die sonsondergang kan kuier.
Die verblyf het 'n boskamp-gevoel, maar is tog gemaklik en gefokus op gaste wat lief is vir die natuur. Gaste kan ook lekker gaan fietsry of in die bos gaan stap.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniek-middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jeroen Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Taaibos Bush Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Taaibosstraat 450, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo