+64
Selfsorg in Bellville

Tyger Classique Villas

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Lize B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2026

Vreeslik lekker gebly! Ons het baie lekker gebly. Was nou wel vir een aand, ons het veilig gevoel en was baie vriendelik verwelkom. Jy het jou eie parkeerplek en kry 'n remote om in en uit te gaan soos jy wil. Ons het heerlike koffie gedrink voor ons pad terug.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Ons is so bly julle het die verblyf en die koffie geniet. Hoop om julle gou weer te sien!

Rc T
1 nag Besigheidsreis
5.0
Apr 2026

Baie netjies, professioneel en waarde vir geld. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Dit is altyd ’n plesier om jou te verwelkom. Ons sien uit na die volgende keer!

Rc T
1 nag Besigheidsreis
5.0
Feb 2026

Fantasties. Na aanleiding van die brand in Kaapstad Internasionale lughawe met vlugvertragings was Tyger Classique Villas baie tegemoetkomend met my aankoms wat meer as 4 ure later as wat beplan was. Besorgdheid van Tyger Classique Villas oor my welstand was hartsverwarmend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Hallo! Baie dankie vir die hartlike woorde. Dit was wonderlik om jou hier by ons te hê en ek is baie bly dat jy veilig aangekom het. Ons hoop om jou weer te sien!

Rasheeda B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Kalm en rustig. Baie lekker in 'n rustige, veilige omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Baie dankie vir die mooi terugvoer! Ons is bly jy het die rustige en veilige omgewing geniet. Ons hoop om jou weer in die toekoms te verwelkom.

Jubelian A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2026

Uitstekend. Uitstekend, baie lekker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Hallo Jubelian Baie dankie vir jou terugvoer! Ek is so bly om te hoor jy het 'n heerlike verblyf by ons gehad.

Sharifa A
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2026

Perfect location, clean, comfortable, and highly recommended. The location was excellent, perfectly central to all the places we wanted to visit. The villa was clean, very comfortable, and well maintained. We will definitely choose Tyger Classique Villa again for our next stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Floris
Tyger Classique Villas
Hello Sharifa Thank you so much for all your wonderful feedback! I am so happy to know you had a good stay with us; it will be lovely having you back again!

Roelof M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2026

Alles was reg, behalwe dat daar nie elektrisiteit was nie. Dit is soos om te lamp. Soos nou al telefonies ook aan julle deurgegee, kry elke klant net 4 eenheid krag per dag. Enige iets meer is vir die klant se rekening. Ons het na groot bakkie die mese gekry om nog R50 op te sit. 1 ketel water kos 1 eenheid se krag. My vrou moes in daai koue die volgende oggend 6 uur uitloop met 'n kop papsopnat hare. Onaanvaarbaar!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Floris
Tyger Classique Villas
Beste Roelof, Baie dankie dat u die tyd geneem het om u terugvoer te deel. Ons is jammer om te hoor dat u verblyf a.g.v. die elektrisiteit as ongemaklik ervaar is, veral gedurende die koue weer. Ons wil graag net so 'n bietjie duidelikheid en konteks gee vir uself en toekomstige gaste. Ons is 'n selfsorg-instansie en sluit standaard R40 se elektrisiteit (ongeveer 10 eenhede, nie 4 nie) per dag in by die tarief vir die proppe in die woonstel. Ons wil dit graag duidelik stel dat die krag vir die ligte, warm water en WiFi ten volle deur ons gedra en voorsien word. Gaste sal dus nooit sonder 'n warm stort of ligte sit nie, selfs al is die prop-eenhede opgebruik. Toe u eenhede begin laagloop het, het ons dadelik en sonder huiwering 'n ekstra dag se krag heeltemal gratis opgelaai. Toe u die volgende dag aandui dat dit weer min is, het ons ons huisreëls verduidelik, maar omdat u nie vooraf daarvan bewus was nie, het ons met graagte nóg 'n verdere R50 se krag gratis vir u aangestuur om u uit te help. In totaal het ons R90 se ekstra krag dadelik en met liefde voorsien om u verblyf te vergemaklik. Ons neem u terugvoer baie ernstig op en sal seker maak dat hierdie inligting rakende die proppe nog meer prominent op ons LekkeSlaap-profiel vertoon word om enige toekomstige misverstande te voorkom. Vriendelike groete, Die Bestuur

Lucille V
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2026

Heel lekker. Alles was baie goed gewees behalwe dat daar 'n paar ongevraagde besoekers was (kakkerlakke). Mense daar was baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Floris
Tyger Classique Villas
Hi Lucille! Dankie! Ons het hierdie probleem aangespreek en waardeer jou terugvoering! Jy is welkom om ons te kontak met jou bankbesonderhede vir 'n 10% terugbetaling van jou verblyf om op te maak vir enige ongerief.

Jacobus Johannes K
1 nag Besigheidsreis
3.0
Mei 2026

Redelik gemaklik en goed genoeg. Die verblyf was goed genoeg, die kamer is baie netjies en goed toegerus. Daar was 'n paar probleme: Die gastehuis sit langs 'n baie besige straat met toegang slegs van een kant af. Die parkering is verskriklik klein, gelukkig was daar nie nog 'n voertuig nie. Die hek se afstandbeheer het glad nie gewerk nie. Die ketel se deksel maak nie toe nie en sit nie self af nie. Die blinders in die badkamer was verskriklik vuil. Die krane van die wasbak is albei los.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Floris
Tyger Classique Villas
Hello Jacobus! Baie dankie dat u die tyd geneem het om u terugvoer te deel. Ons is baie bly om te hoor dat u die kamer netjies, goed toegerus en goed genoeg vir u verblyf gevind het. Ons waardeer ook dat u hierdie spesifieke punte onder ons aandag bring, aangesien dit ons help om ons standaard deurlopend te verbeter. Ons is bewus daarvan dat ons parkering kompak is a.g.v. die ligging. Ons probeer altyd om parkeerplekke strategies te allokeer op grond van die grootte van ons gaste se voertuie om alles so gerieflik as moontlik te maak. Wat die ander punte betref, wil ons u graag verseker dat ons dadelik na u vertrek ingespring het om alles reg te stel: Afstandbeheer: Die battery het ongelukkig skielik pap geword, en ons is bly ons kon vinnig vir u 'n alternatiewe een gee tydens u verblyf. Ketel & krane: Die ketel is intussen met 'n splinternuwe een vervang, en die los krane is dadelik deur ons instandhoudingspan vasgemaak. Badkamerblindings: Ons is jammer dat die blindings onnet vertoon het, dit was a.g.v. ouderdom en slytasie. Ons is in die proses om dit te vervang. Ons streef daarna om vir elke gas 'n kommervrye ervaring te bied en hoop ons kan u in die toekoms weer verwelkom om die verbeterings self te ervaar.

Tim R
1 nag Saam met lewensmaat
2.6
Apr 2026

Lekker. Ja, Unit 1 is baie netjies en prakties. (Parkering bietjie moeilik en beknop).

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Floris
Tyger Classique Villas
Baie dankie vir die mooi terugvoer! Ons is bly julle het die verblyf geniet! Dankie ook vir die eerlike opmerking oor die parkering, ons verstaan dit kan soms 'n bietjie beknop wees. Ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Floris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf R1 000
20 % AF
R1 000 R800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 000
20 % AF
R1 000 R800
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 000
20 % AF
R1 000 R800
per nag (plek vir 2)
Bespreek

283 Uys Krige Drive, Loevenstein, Bellville, 7530, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 20 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA274ddd50a6877c874135791e85bb6b68abdf650eba543a4caa4404e98822e056893676e5fbbd962f966e23c222e2c54c80c8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R800 per nag (plek vir 2) 35 5 1 5 283 Uys Krige Drive Loevenstein 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.886341844768 18.60932841897
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang