Under Milkwood Cottage
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 600 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Under Milkwood Cottage bied 'n uitsig oor die Breederivier en word omring deur inheemse melkhoutbome. Die knus klip- en grasdakkothuis bied die ideale kusvakansie in Witsand. Dit is perfek vir 'n groep vriende aangesien slegs 'n duin die kothuis van die strand skei. Dit is ook naby die Witsand Natuurreservaat.
Die dubbelverdieping-eenheid bied slaapplek aan maksimum 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ook op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 addisionele suites en gaste kry toegang tot hierdie suites van buite af. Elkeen van hierdie suites het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en beskik oor hoë plafonne en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieksas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV waar gaste hul eie stroomrekeninge kan gebruik. Gedurende beurtkrag word die TV en gratis WiFi aan 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel gekoppel sodat gaste vermaak sal hê tydens kragonderbrekings.
Die huis het 'n binnebraai-area met nog 'n etenstafel en dit lei na 'n ruim houtdek met buitesitplek. Gaste kan al langs die rivier af stap tot by die openbare jetty waar gaste kan visvang of 'n boot lanseer op 'n mooi dag.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
- Gaste dink Under Milkwood Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom