15 gaste
5 slaapkamers
9 beds
3 badkamers
- 15 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 132 Voortrekker Road, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Vannewes is in Lambertsbaai, 'n klein vissersdorpie in die Wes-Kaap, ongeveer 280 km van Kaapstad geleë. Die kusdorp is veral bekend vir sy strande, wilde diere en kreef. Vannewes is 'n lieflike strand-gesinshuis. Die vertrekke is ruim en bied gemaklike verblyf aan 'n gesin of klein groepe vriende wat net lekker wil saam kuier by die see.
Dié ruim huis is net 50 m van die strand af en loopafstand van die winkels en restaurante.
Die huis het slaapplek vir 10 volwassenes en 5 kinders en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 1 enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed. Die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Daar is 2 badkamers met 'n stort en 'n bad.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, 2 yskas-vrieskaste, 'n kisvrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die leefarea het 'n gemaklik sitkamerstel.
Daar is 'n boma-area met 'n ingeboude braai. Parkeerplek vir 4 voertuie is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Alet Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 38
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 132 Voortrekker Road, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Vannewes het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
132 Voortrekker Road, Lamberts Bay, 8130, Wes-Kaap
Sien kaart- 15 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang