Pick your preferred language

English

Afrikaans

+249
Selfsorg in Franskraal

Vergezicht Vakansie Eenhede

30% AF!
Winteraanbod
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Mei 2026 tot 31 Aug 2026.
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 20 Le Grange Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Vergezicht Vakansie Eenhede bied gerieflike selfsorgvakansieverblyf in die kusgebied van Franskraal net buite Gansbaai en is ideaal vir 'n groot groep aangesien verblyf in die boonste verdieping óf die grondverdieping gebied word en beide kan op versoek saam bespreek word.

Albei verdiepings bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers.

Die boonste eenheid het 'n koningingrootte-bed in een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Daar is 'n koningingrootte-bed in elk van die kamers op die grondverdieping. Daar is 2 badkamers waarvan een 'n bad en wasbak, en die ander 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak het. Hierdie eenheid het ook 'n aparte badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis op die boonste verdieping is met 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser en mikrogolf toegerus. Daar is slegs 'n tweeplaatgasstoof. Die kombuis op die grondverdieping het ook 'n yskas-vrieskas, wasmasjien en 'n mikrogolfoond. Daar is ook net 'n vierplaatgasstoof en geen oond nie.

Elke kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv Compact Plus-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is ook 'n etenstafel.

Elke verdieping het sy eie stoep met sitplek en braaigeriewe. Die boonste verdieping se balkon het ook 'n gedeeltelike see-uitsig. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf is net 'n entjie vanaf die strand en 'n plaaslike kruidenierswinkel.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 123

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 20 Le Grange Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vergezicht Vakansie Eenhede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
30 % AF
R 1 550 R 1 085
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 550
30 % AF
R 1 550 R 1 085
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 550
30 % AF
R 1 550 R 1 085
per nag, vir 2 mense
Bespreek

20 Le Grange Street, Franskraal, 7220, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8013907e4f421f8ae3c3cc975aa101b074829a561ac46aca68d3ff5c7b40671bbb66df987e913901981a2e7ff14c844dc58c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 550 nouVanaf R1 085 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 20 Le Grange Street Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.6105252 19.3856867

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang