Villa Toledo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ottosdal Place 32, Faerie Glen, 0081, Gauteng
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Villa Toledo is 'n smaakvol gemeubileerde Spaanse styl villa in Faerie Glen, wat sentraal in Pretoria-Oos se voorstad geleë is, sowat 5 km vanaf die N1 en N4. Menlyn Maine en baie ander gewilde winkelsentrums, mediese geriewe en restaurante is ook naby.
Dié villa het lugversorging en bied slaapplek aan 5 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die oorblywende badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die villa het ook 'n gastetoilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n opwaskamer wat gaste kan benut. Die eetarea het 'n etenstafel met stoele en 'n ruim leefarea met 'n sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV met Disney+.
Die onderdakstoep het buitemeubels en bied 'n uitsig van die lieflike tuin. Daar is 'n houtvuur-pizza-oond en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel in die motorhuis, agter 'n outomatiese hek, beskikbaar. Dié villa het sonpanele met 'n rugsteunkragstelsel en 'n sonkrag-geiser in die geval van kragonderbrekings.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Steve Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Ottosdal Place 32, Faerie Glen, 0081, Gauteng
Sien meer verblyf in Faerie Glen Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ottosdal Place 32, Faerie Glen, 0081, Gauteng