Zevenbosch Guest Villa
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 7 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwacht-weg, Kuilsrivier, Kaapstad, 7579, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 050R3 645 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zevenbosch Guest Villa bied ongelooflike verblyf tussen die wingerde. Dit is die perfekte plek vir gaste wat opsoek is na rustigheid en asemrowende uitsigte oor Kaapstad en, in die verte, op Tafelberg.
Hierdie dubbelverdieping-villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamers het elk 'n stort of 'n bad of albei. Die kombuisie op die boonste verdieping is met eetgerei, breekware, glasware, 'n yskas, mikrogolfoond, koffiemasjien, stoof en 'n ketel toegerus.
Die oopplan-leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket. Die groot kombuis, eet- en sitarea op die onderste verdieping lei na 'n onderdakstoep met pragtige uitsigte. Gratis WiFi word ook voorsien. Die huis spog met 'n sondek op die boonste verdieping, asook 'n plonspoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Zevenbosch Guest Villa is naby die Zevenwacht-wynlandgoed en -restaurant wat ontbyt, middagete en aandete bied. Bakwena Spa is ook op Zevenwacht Wynlandgoed geleë. Langverwacht en Haasendal Gables Winkelsentrums is naby Zevenbosch.
Zevenbosch is 'n gewilde venue vir troues, funksies en geleenthede. Die geleentheidsbestuurder moet gekontak word om die bykomende kostes te bespreek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- En-suite
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
1.2/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langverwacht-weg, Kuilsrivier, Kaapstad, 7579, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kuilsrivier Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langverwacht-weg, Kuilsrivier, Kaapstad, 7579, Wes-Kaap