Baie jammer om te verneem dat die besoek 'n teleurstelling was, veral nadat die gas aan my bevestig het dat hul "love die plek en die bos vandag". Die gaste wat die oggend van hierdie gas se aankoms vertrek het, het geen klagtes genoem nie, en daarom was ons nie bewus van enige probleme nie, anders sou ons dit probeer uitsorteer het voor aankoms. Op aanmelding van die probleem met die aircon en die stort het ek onmiddellik aangebied om iemand uit te stuur na die eiendom, maar die gas het my verseker dat hy die probleem met die stort self vinnig uitgesorteer het en dat hulle net in die ander kamer sal slaap waar die aircon wel gewerk het en waar die kamer ook voorberei was. Na hul vertrek het ek wel die aircon tegnikus na die eenheid laat kyk, wat gevind het dat die control panel geblaas het - iets wat op enige stadium kan gebeur sonder waarskuwing. Ons het sover gegaan om 'n volledige leen lugversorgingseenheid te installeer vir ons volgende gaste, aangesien die verskaffer se fabriek gesluit was vir die Feesseisoen en die parte nie beskikbaar was vir herstel nie.
Ek vermoed dat die terugvoer en hierdie punte allokasie iets te doen het met die feit dat ek die gas vriendelik versoek het om nie aan my eiendom se swembadpomp se timer verstellings te verander nie, waarna hy eksepsie geneem het en die vriendelike trant van ons kommunikasie verander het. (Ons het apps ge-installeer in die eiendom en kan dus bepaal hoeveel krag die swembadpomp, Inverter, solarpanele ens verbruik en of daar aan die verstellings verander is. Daar is 'n rede vir die spesifieke verstellings vir spesifieke tye en tydperke. In verskeie geskrewe versoeke word ons gaste gevra om nie verstellings te doen op ons elektriese/solar installasies nie, maar word hul genooi om met ons direk te kommunikeer as daar 'n probleem is, wat in hierdie geval nie gebeur het nie)
Geen gaste het nog ooit gekla oor vlooie op ons stoep nie, en die buite leefareas word gereeld gewas, alhoewel ons ook bewus is dat ons in die bos leef met allerhande insekte ens.
Die brandblusser se diens sal na omgesien word in die nuwe jaar, dit het verby ons geglip.
Ek hoop die gas vind 'n fantasiese eiendom vir sy volgende besoek aan Marloth Park.