Geverifieerde Resensie
Amathole District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amathole District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 865 resensies.
"Pragtige klein afgeleë dorpie; met al die nodige beskikbaar! Die kuslyn en buurdorpies is naby en heerlik om te besoek - noord en suid! Volop voëllewe; verskeie staproetes en riviere!"
"Hogsback has been one of my favorite places to go to in the Eastern Cape for its beautiful lush forests and the wonderful walks, shops, restaurants and views. Covid-19 restrictions has taken its toll on this little gem of a town, so sad to see some places closed down and many had to minimize their services just to get by. May God have mercy on us all."
Gxarha (Morganbaai), Amathole-distrik
Unit 1 Beach Road"Daar is geen plek in Suid Afrika wat jou so 'n gebalanseerde vakansie bied nie. Pragtige strande, lagoon, kranse, rotse met asemrowende sonsopkoms en -ondergang. There just ain't another place like this."
"Though the original grocery shop is now a Spar, still good idea to take basic provisions for self catering."
"Pragtige dorpie, paaie is in baie swak toestand, maar die dorpenaars probeer self regmaak. Die omgewing is sprokie mooi en vir wandelaars is dit 'n fees. Restaurante verskaf topklas kos, effe duur, maar ek dink dis maar die ligging wat kos duur maak. Ons kan beslis die Lighthouse Grill, The Edge en Hog en Hornbill aanbeveel."
"Hogsback is 'n sprokiesagtige mooi dorpie bo in die berge. As jy hou van Lord of the Rings, woude, watervalle en bewolke, koue weer is hierdie die plek vir jou."
"Hogsback is ongelooflik mooi en baie om te doen en sien. Doen jou navorsing en besluit wanneer is die beste tyd om te gaan afhangende van wat jy wil doen of sien of ondervind."
"Dit was maar koud en reënerig, maar Hogsback is prentjiemooi en ons sal dit weer besoek. Besoek beslis die Arboretum en die Madonna & child waterval. Die paaie kort ernstige herstelwerk, veral die hoofstraat deur die dorp, maar tydens ons verblyf was werkers daarmee besig. Onthou die vulstasie sluit 18h00 - sorg vir genoeg brandstof voor die tyd."
"Baie mooi klein dorpie wat ongelukkig geraak is deur COVID-19 met baie plekkies wat toegemaak het. Besoek The Edge restaurant vir skemerkelkies en lekker aandete (hulle doen ook baie lekker wegneemetes, as jy eerder by Trengwainton voor die kaggel wil kuier)."
"Hogsback is bitter klein, maar daar is baie staproetes wat asemrowend mooi is en die Happy Hogs Restaurant And The Village Pub restaurant sal ek beslis aanbeveel vir 'n heerlike middagete. Moet nie The Edge se Labyrinth en uitsigte op die krans misloop nie."
"Die stad self is nie meer dieselfde nie, maar buite die stad is daar goeie vakansieplekke."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Ek sou net graag wou he dat die paaie oor gedoen kon word, ek verstaan dat Hogsback nie 'n munsipaliteit het nie maar dit is baie gevaarlik veral met die reën wat ons gehad het toe ons daar was dat ons vasgeval was en ons moes kom uit trek. Maar dit is en bly die mees mooiste plek om 'n blaaskans te vat en die natuurskoon in te neem."