Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1453 reviews.
"Die ideale verblyf wanneer jy tussen die Kaap en Gauteng per motor reis. Vinnig terug op die N1 om verder te kan ry."
"Ons was baie verras met hoe skoon en netjies die deel was wat ons gesien het! Naval Hill baie mooi, maar die Stadsraad kan gerus die saal/restaurant opknap. Skande dat dit so in verval staan, terwyl die geleentheid daar is om dit 'n restaurant te maak vanwaar besoekers die stad kan bewonder."
"Was hier vir die rugby, Wallis en Springbokke, 1ste besoek aan Bloemfonteinstadium, was 'n lekker ondervinding."
"Baie besige stad natuurlik, eetplekke blyk probleem te gewees het tydens ons besoek. Alle goeie restaurante was vol. Bespreek vooraf waar geëet sal word. Tydens loadshedding selfs met bespreking probleem gewees. Sal liewer volgende keer plek kies waar eie voedsel. Kan voorberei of gastehuis met etes of braaiarea."
"Ons in Bloenfontein grootgeword en skool gegaan. Baie agteruit gegaan. Vullis orals op straat rond gestrooi. Baie hartseer."
"Die eens mooie Rosestad is erg verwaarloos - dit is hartseer om ons land so agteruit te sien gaan."
"Bloemfontein is steeds 'n baie gemaklike stad met 'n plattelandse ondertoon. Ek dink nie dit is 'n vakansiebestemming nie, maar alles wat jy nodig het, is daar beskikbaar. Die mense is vriendelik en baie verwelkomend."