Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1473 reviews.
"Ons het lank in die Vrystaat gewoon en redelik gereeld in Bloemfontein gekom vir werk en medies. Bly 'n mooi dorp, maar baie jammer oor die infrastruktuur wat so agteruit gaan."
"Ek dink dit was baie skoon gewees en gras was kort gesny teenoor 'n vorige keer wat ons daar deurgery het. Maar die keer het ek gedink dat dit die skoonste stad buiten miskien die Kaap is. Beslis was ons beïndruk dat na die toets toe ons by die stadion verbyry daar geen gemors om die stadion te sien was nie. Alles was skoon en in sakke. En netjies die hele stad deur. Was lekker om weer te sien 'n plek kan sonder rommel wees."
"Bloemfontein is nie 'n vakansiebestemming nie, basies 'n oornagdorp op pad na die Kaap of terug na Gauteng."
"Die ideale verblyf wanneer jy tussen die Kaap en Gauteng per motor reis. Vinnig terug op die N1 om verder te kan ry."
"Ons was baie verras met hoe skoon en netjies die deel was wat ons gesien het! Naval Hill baie mooi, maar die Stadsraad kan gerus die saal/restaurant opknap. Skande dat dit so in verval staan, terwyl die geleentheid daar is om dit 'n restaurant te maak vanwaar besoekers die stad kan bewonder."
"Was hier vir die rugby, Wallis en Springbokke, 1ste besoek aan Bloemfonteinstadium, was 'n lekker ondervinding."