Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1493 resensies.
"Ek het nie besef dat daar so baie is om te doen in Bloemfontein nie. Sal volgende keer graag meer wil sien, maar ons het net oorgeslaap om die rit vanaf die see korter te maak."
"Mens moet ten minste twee volle dae daar spandeer. Soveel om te sien en doen."
"Goeie plek om oor te bly as jy reis. Die paaie in Bloem is ongelukkig in 'n baie slegte toestand."
"Daar sal net drasties iets aan die massiewe slaggate gedoen moet word! Die paaie is regtig in 'n baie swak toestand!"
"Met my moeder gereis van 83 jaar en alles was gemaklik en gerieflik vir 'n bejaarde."
"Die Paaie in bloem is baie sleg en vol gate, die gras moet gesny word, oral is dit oorgroei. Dit lyk of die munisipale dienste nie meer bestaan nie. Andersins is dit maar net nog 'n SA dorp, daar is nie veel om te doen in Bloem nie. Vir ons is dit net 'n oorslaappunt."
"Nie veel om te doen vir toeriste nie. Meer 'n plek waar mens vir een nag oorbly."
"We went for a walk at the Brandkop Conservancy which was not far from our stay. It was a lovely walk that I would highly suggest to any visitors."
"Daar is baie te sien in Bloemfontein. Ons was na die waterfront, die botaniese tuine waar jy kan braai en na die Vrouemonument. 'n Besoek aan Bloemfontein is wonderlik en daar is soveel wat ons nog moet sien volgende keer."
"Sal nie vir vakansie gaan nie, maar lekker vir 'n pitstop tussen Kaap en JHB."
"Ons het vroeg-oggend deur die strate gery 06:00 en die stad was baie vuil. Staatsgeboue was verwaarloos met stukkende vensters en onkruit wat in geute op die dak groei. "