Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 1453 resensies.
"The Woman and Children's War Memorial and Museum was outstanding. We also enjoyed Naval Hill but a lot more could be done with it eg. a restaurant. Sadly the roads were in disrepair."
"Ongelukkig is Bloemfontein glad nie meer die stad wat ek onthou het toe ek daar grootgeword het nie. Die strate was met vullis bestrooi, die pragtige geboue verniel en onversorgd en by ons bly steeds die vraag "Waarom moet Fidel Castro se beeld voor die Sand du Plessis kompleks staan?". Die enigste ligpunt was die Franklin wildreservaat bo-op Naval Hill."
"Bloemfontein beskik oor baie goeie teaters. Dit is veral heerlik om te besoek wanneer daar 'n fees aangebied word."
"Ek was regtig teleurgesteld in die mate waartoe die sentrale sakekern van Bloemfontein verval het! "
"My grootwordstad. Is daar gebore. Beïndruk met die Bayswater-sentrum. Het al ons inkopies daar gedoen. Bloemfontein as stad het baie agteruit gegaan. Hartseer om te sien. Het 2 jaar terug Vrouemonument besoek. Museum indrukwekkend."
"Het verskriklik agteruitgegaan. Vuil en paaie vol gate. As 'n oud-Vrystater is dit hartseer om die stad se agteruitgang te sien."
"Ons het nie baie tyd gehad nie, was moeg na die lang pad, maar baie mooi dorpie."
"Algehele toestand van Bloemfontein laat veel te wense oor, sypaadjies, parke, en middelmannetjies tussen dubbelpaaie uiters onversorg en gras uiters lank. Bewys dat munisipaliteit nie hulle werk doen nie."