Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 335 resensies.
"My gunsteling strand met die mooiste sonsondergang, veral as jy nog so gelukkig ook is dat die wind nie waai nie!"
"Wonderlik, lekker sentraal vir as jy naby Kaapstad maar tog ook nie in Kaapstad wil bly nie."
"Bloubergstrand, sal altyd een van die mooiste strandoorde bly ten spyte van die feit dat ons in Kleinmond bly!"
"Perfekte wegbreek ligging met mooi uitsig oor die see en op Tafelberg in die agtergrond met heerlike eetplekke."
"Het pragtige strande binne 'n kort afstand met lekker en veilige aftrekplekke om Tafelberg, die see, en in die verte Robbeneiland te kan besigtig. Baie lekker eetplekke ook wat oor die see uitkyk. "
"Mal oor Blouberg. Gaan elke jaar terug. Alles wat jy nodig het in een plek. Shopping malls nuut en gerieflik naby. Beste restaurante ooit. Mense vriendelik."
"Die grootste probleem met die Kaap is die wind, en die beperkte hoeveelheid paaie in Kaapstad in. Andersins, spesifiek met betrekking tot Bloubergstrand was dit 'n heerlike area om in te bly. Ons kon strand toe stap om na die kite surfers te kyk. Daar was ook werkende parkies naby vir ouers met kleiner kinders. Die dorp beskik oor verskeie geriewe van winkels, kitsbanke, tot restaurante en besienswaardighede, en is binne ry-afstand van vele meer bestemmings. Iets vir almal binne 'n redelike afstand."