Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!"
"Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik). "
"Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant."
"Ware juweel van 'n dorpie. Lekkerste sop by The Brewery geëet. Fossiel-liefhebbers paradys. Uil huis is 'n moet sien."
"Oulike dorpie, sal dit net eerder in die toekoms in die somer besoek. Was baie koud gewees met ons besoek. Skep geboude en netjiese strukture vir die plaaslike inwoners om hulle produkte te verkoop. Baie werkloosheid in die dorp en gemeenskap wat op hierdie manier aangespreek kan word. Die eetplekke baie duur. Voel die publiek word bietjie uitgebuit met hul buitensporige pryse!"
"Really enjoyed seeing the owl house, despite it being bitterly cold. It would have been nice to have more time there, but that was our fault not theirs."
"Ek dink Hanover is 'n ideale oornag dorpie, met pragtige kerkgebou, maar sal nie langer as 'n dag of 2 daar kan vertoef nie."
"Moet nie ander mense verwag nie. Verwag wel 'n grondpad. Perfek as jy wil gaan jag."
"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."
"'n Vreeslike oulike, stil en rustige plekkie, een van die netjieser Karoo-dorpies."
"Do not rush by on the N12! Go slow and see the wonderful country we have. We are going to come back for a visit to Victoria West and see the sights and play amateur radio in the koppies around town and find the geocaches!"
"Die Karoo het 'n spesiale bekoring en die Drie Susters voel soos 'n plek waar mens tuis is."
"Daar is soveel moontlikhede op die dorp, veral in die echo-toerisme omgewing. Ek glo met die hulp van die Provinsiale Regering, kan dinge net verbeter."