Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2348 resensies.
"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Britstown self kan seker aan hul 'image' werk. Die Karoo is 'n wenner."
"Die Krip Restaurant was ongelooflik. Besonders anders met uitstekende kos. "
"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."
"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."
"Dis 'n gereiflike oornagplek, maar daar is nie veel om te doen nie. Die enigste plek waar mens 'n goeie ete kan geniet is by die hotel, en hulle is baie duur. Daar is 'n baie oulike koffiewinkel in die die ou meule en daar is heerlike ontbyt en middagetes te koop. Die mense is almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar oornag."