Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3581 resensies.
"Baie goeie restaurante, maar teleurgesteld dat die winkels so agteruitgegaan het."
"'n Lieflike dorpie en interessante omgewing wat beslis 'n paar dae se oorbly werd is."
"Pragtige plek! Rustig en veilig. Mooiste kuns en vermaak! Julle sien ons baie gou weer."
"Ons het 20 jaar hier gebly en het altyd gewonder hoe ons weer hier kan kom permanent bly! Dit is ook goed as jy miskien kinders het en jy kan vir hulle dophou hier van bo af. So ek kan geen slegte kommentaar lewer nie."
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
"Pragtige dorp met pragtige omliggende natuur en interessante eetplekkies en winkels."
"Enigste negatief is die elemente wat na donker in die area rondhang. Minder patrolering van Metro Police as in Bloubergstrand."