Verified Reviews
Breede River Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Breede River Valley
Rated 4.4 out of 5 based on 1147 reviews.
"We wish we had more time to spend in the picturesque town of Tulbagh. We'll definitely make our next stay longer so we can walk through the town and enjoy the village more."
Worcester, Breede River Valley
Da Rooms Accommodation"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."
Rawsonville, Breede River Valley
Dwarsberg Trout Hideaway"Melwierda Winery was wonderlik. Het daar 'n wynproe gedoen wat 2,5 uur geduur het. So goed was die gesels."
Worcester, Breede River Valley
19th Hole Golf Villa"Heerlike vars lug en plattelandse atmosfeer naby Kaapstad met baie Afrikaanse mense."
Worcester, Breede River Valley
Damas"Worcester is a very friendly town and I will make sure to make more trips there during the year. "
"Dis 'n baie mooi dorp met die mooiste ou geboue en die eetplekke is uitstekend. "
Worcester, Breede River Valley
Linge Longa"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
Worcester, Breede River Valley
Linge Longa"Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt."
"Tulbagh is uitstekend tussen die berge en naby Paarl geleë. Ons sal definitief weer kom en ons sal volgende keer ook die Drostdy Hof daar besoek!"
Rawsonville, Breede River Valley
Rawsonville Guest House"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
Worcester, Breede River Valley
Palm la Vie"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
"Pragtige dorpie! Besoek ook die kerkie in die dorp, Montpelier, Saronsberg en die olyfplaas! "
"Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area."