Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1205 resensies.
"Worcester is a very friendly town and I will make sure to make more trips there during the year. "
"Dis 'n baie mooi dorp met die mooiste ou geboue en die eetplekke is uitstekend. "
"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
"Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt."
"Tulbagh is uitstekend tussen die berge en naby Paarl geleë. Ons sal definitief weer kom en ons sal volgende keer ook die Drostdy Hof daar besoek!"
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
Rawsonville, Breederiviervallei
Die Damhuis"Die dorpie self is klein, maar dit is lekker naby baie dinge om te doen en te sien."
"Pragtige dorpie! Besoek ook die kerkie in die dorp, Montpelier, Saronsberg en die olyfplaas! "
"Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area."
Rawsonville, Breederiviervallei
La Bri Guest House"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."