Geverifieerde Resensie
Breede River Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Breede River Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1205 resensies.
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
Rawsonville, Breederiviervallei
PicardiPlace"Rustige en pragtige plattelandse omgewing omring deur berge."
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
Rawsonville, Breederiviervallei
Die Damhuis"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
"Ceres is a friendly town. My kids loved the snow experience and it was a first time for my wife too. I would love to visit Ceres in the summer as well."
Prince Alfred Hamlet, Breederiviervallei
Hamlet Country Lodge"Nie veel om te doen nie. Ons het spesifiek vriende gaan besoek. Wel pragtige deel van ons mooi land met wonderlike bergpasse en rots formasies! "
Rawsonville, Breederiviervallei
La Bri Guest House"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
Rawsonville, Breederiviervallei
Rawsonville Guest House"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."
"Baie mooi dorpie met die vriendlikste mense. Genoeg verskeidenheid wynplase en alle plekke wat jy besoek gee jou 'n kaart van alles wat jy kan doen in Tulbagh. Sal graag wil sien hoe lyk die dorp met sneeu op die berge."
"Dis altyd interessant en heerlik om in Tulbagh te kuier. Ons het die dorpie al verskeie kere besoek en wil altyd net weer terug daarheen. Hierdie jaar het die ernstige droogte 'n demper op ons entoesiasme geplaas maar ten spyte daarvan is dit nog een van die mooiste plekkies in ons land."
"We wish we had more time to spend in the picturesque town of Tulbagh. We'll definitely make our next stay longer so we can walk through the town and enjoy the village more."
"Die instituut vir blindes is definitief n besoek werd - die handewerk wat die blindes doen is baie oulik en kreatief."
"Heerlike vars lug en plattelandse atmosfeer naby Kaapstad met baie Afrikaanse mense."