Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Die dorp is nie meer wat dit was nie. Baie agter uit gegaan, nie meer so skoon en veilig soos 'n paar jaar gelede nie en met al die trokke op die N1, is dit soms 'n nagmerrie om deur die dorp te kom."
"Stil dorpie waar mens net lekker kan ontspan en die Karoostilte en -sterre kan bewonder en geniet."
"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."
"Die rustigheid laat mens net lekker ontspan. Weg van die gewoel in die stad."
"Unfortunately it was raining and very misty so we couldn't explore the area as much as we wanted. It is a beautiful historical town. Will definitely visit it again in the near future."
"Heelike wegbreekplek in die Karoo met genoeg vars lug en baie vriendelike mense. Hier kan 'n mens nog die stilte geniet en pragtige sterre sien."
"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."
"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."
"Prins Albert is 'n pragtige 'n dorp om te besoek en die natuurskoon rondom maak dit nog meer spesiaal."