Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2650 resensies.
"Sal enige tyd The Ghost Walk van Ailsa Tudhope aanbeveel, dink dit is 'n moet-doen vir enige iemand wat Prins Albert vir die eerste keer wil besoek."
"Pragtige omgewing en ek kan 4 Sheep restaurant aanbeveel en is 'n wenner. Heerlike kos wat bekostigbaar is en vriendelike kelners."
"Voel jammer vir mense in Beaufort-Wes oor hulle waterprobleme. Hoop regtig hulle kry gou genoegsame reën."
"'n Verskriklike interessante en heerlike plek om te kuier en te ontspan."
"Persoonlike smaak bepaal of 'n persoon Prince Albert as 'n toerismebestemming sal beskou of ervaar. "
"Well worth a few days visit! We’d like to spend more time there. We particularly enjoyed the products from the local dairy!"
" Prince Albert is 'n rustige dorpie met baie vriendelike mense, die dorpie is mooi skoon. Onse Rust sal ek beslis weer boek, vriendelike personeel en behulpsaam."
"Een van die mooiste dorpies waarby nog oornag het. Die Bush Pub is veral baie outentieke en lekker."
"Kan geen kommentaar lewer oor Beaufort nie, aangesien ons net daar oornag het."
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"Die besienswaardighede in die hoofstraat is besonders. Ons het nie lank genoeg vertoef om al die moontlikhede te ontgin nie."