Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2599 reviews.
"Was baie verbaas, het gedink dis n klein plekkie.Ek hou van skoon dorpe - doen so voort."
"A small town with old established businesses, the local economy isn't growing and it depends on tourists. Very friendly and respectful community. The only problem is the amount of street children that hassle you for tips to wash or watch your car. "
"So klein pragtige dorpie wat soveel het om te bied. Die pad oor die Swartberg is natuurlik aanbeveel. "
"Baie goeie rusplek en oornagblyplek. Pragtige natuur - die rustigheid van die Karoo word hier spesiaal ervaar."
"Karoo Nasionale Park is droo, ,maar tog het dit 'n natuurskoon van sy eie."
"Ons het vorige aand na die besoektye van die Chris Barnard Museum gekyk en ons reis so beplan om daar aan te gaan. Volgens die tye op die ingang is dit vanaf 07:45. Ons was daar om 08:15. Ons is redelik onprofesioneel gesê dat ons moet wag tot 08:30. Toe ons vra waarom die tye nie aangepas word nie, het ons weer 'n swak smaak aanmerking gekry, nodeloos om te sê het ons vertrek sonder om besoek af te lê."
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"The lamb chops at 4 Sheep were not great. Lovely Karoo town but the waitress was very good."
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."
"Die Barnard museum, pastorie en kerk is 'n moet besoek vir enigeen wat daar deur reis en of oorbly. Die ou geboue in die dorp is 'n ervaring om te aanskou en verskaf 'n terugblik in die vergane ou jare van ons geskiedenis. Ek hoop regtig dat hierdie geskiedkundige nalatenskap sal in stand gehou en behoue sal bly vir ons nageslagte."
"Beaufort-Wes bied meer aan as wat 'n mens besef. Daar is die Karoo Nasionale Park, die mooi natuurskoon en die Chris Barnard-museum wat meer as die moeite werd is om te besoek."
"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."
"Beaufort-Wes is meer 'n halfwegstasie op pad Kaap toe. Die lekkerste van die dorp is Karoo Nasionale Park, maar hulle chalet-verblyf raak te duur vir Jan Alleman. Dis beter met 'n Wild Card."
"Perfekte plek om oor te slaap as jy van ver af ry (Kaap of Mosselbaai se kant toe). Los vir jou so 3 tot 4 ure se ry vir die volgende dag."