Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2570 reviews.
"Quiet and nice, small city. It's a good stop if you decide to do the Swartberg pass (and before it visit the huge and beautiful Cango Caves)."
"Die Kokkedoorstoor was vir ons teleurstellend. Ek het gedink dat dit 'n belangrike landmerk in Prins Albert sou wees, dit is egter 'n erg verwaarloosde plek. Wat 'n jammerte, want dit kan as 'n groot toeriste-attraksie bemark word."
"As jy ooit deur Beaufort-Wes ry, maak gerus 'n draai by 4sheep - die beste plekkie om 'n burger te geniet en jou battery te herlaai."
"Baie oulike winkeltjies, alles maklik verkrygbaar, vriendelike mense."
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping."
"Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts."
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang."