Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2570 reviews.
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Mooi dorpie met net 'n paar huise. Hier kan mens nog stilte en rustigheid beleef."
"Prince Albert het voorwaar in status gestyg vanaf 'n "prinsdorp" na 'n "koningsdorp". Behou net asseblief die karakter van die dorp - soos wat dit was - die atmosfeer en "lekkerte" waarop almal verlief raak. "
"Dis pragtig! Die mense is vriendelik. Dis 'n moet vir almal om dit te besoek. Pragtige dorpie."
"Pragtige, rustige, skoon dorp! Diens by koffie shop van hotel egter baie swak! Verder all good!"
"Other than the nature reserve and farming activities, there appears to be little else. Restaurants, garages and shops are of a low standard. The people are not very friendly and even tend to harass visitors."
"One of the most beautiful towns in the province and it is clean and safe. Great restaurants, friendly people and the scenery on the Swartberg Pass something not easily described - a MUST see. Many attractions in the area and Prince Albert is surely worth more than one visit. When we visited the town it made us proud to be South Africans!"
"Baie vriendelike mense, en hope om te doen. Beslis 'n dorpie om na terug te gaan."
"Prins Albert is werklik die moeite werd om self drie nagte te spandeer, ons het die aandmark bygewoon en daar geëet - danksy Megan wat ons ingelig het - en sommer deel geword van die permanente inwoners. Die atmosfeer en die samehorigheid was heerlik vir stadsjapies om te ervaar. Ons het ook die Amanda Strydom vertoning bygewoon in die pragtige teater! Voorstel - besoek die dorp oor 'n naweek sodat jy die oggend- en aandmark kan meemaak. Die inligtingsburo is behulpsaam en die karate heel skaflik. "
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"Ons het absoluut verlief geraak op die dorpie, en daarom byna nie lus om die dorp te "adverteer" nie. Dit sou so jammer wees as die karakter van die plekkie sou verander. Ons het die dam buite die dorp besoek, en stel voor dat die brosjure aangepas word, aangesien die pad daarheen beslis nie deur 'n gewone motor bereik sal kan word nie. Daar is ook geen aanwysingsborde binne die Cape Nature gebied nie."
"'n Groot gerieflike dorp waar mens alles kan kry wat jy moontlik nodig sou vind."
"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "
"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "