Geverifieerde Resensie
Clanwilliam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clanwilliam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 308 resensies.
"Die hoofstraat waar die Hotel is, is te nou en die sypaaitjie kan nie 2 mense langsmekaar loop nie."
"Pragtige area, Pakhuis pas en Biedouw vallei was uitsonderlik. Was al by die blommeskou vantevore, jammer dat dit die afgelope 2 jaar nie daar was om te sien nie."
"The place to be in flower time. Plenty to see and do. Will overnight again in Clanwilliam."
"Ry uit na Wuppertal - dis 'n ongelooflike mooi omgewing en verseker die rit werd."
"Ons was in blommetyd daar, op 'n Saterdagoggend. Die dorp was besig met "locals" en besoekers. Daar was pragtige rieldans vertonings, kunsgalery met goeie gehalte kuns, mooi geskenkwinkeltjies, museum, pragtige ou geboue en restaurantjies. Dit is ook 'n goeie afpakplek om die omgewing rondom te verken as mens in een van die vele selfsorg gastehuise wil bly. Daar is 'n yslike mega-Spar op die dorp wat alles het wat mens moontlik kan nodig hê. Ons het die Biedouwvallei gaan verken van hier af - 'n gemaklike heen-en-terug dagbesoek. Vat gasstofie en piekniek saam en stop by een van die vele uitkykpunte in die Pakhuispas."
"Mense moet vroegtydig by restaurante bespreek vir aandete. Die goeie restaurante raak vinnig vol as daar baie toeriste is."
"Dam was full, we walked through an empty dam the previous time! Drought!"
"Lieflike landelike dorpie met goeie eetplekke en ’n verskeidenheid van inkopiebestemmings."
"The flowers are awesome but not really much to do in Clanwilliam other than exploring the area."
"Beautiful in August with all the flowers. Such a wonderful drive from Cape Town. Picturesque and great road."
"In blomtyd lyk dele van die veld en akkers asof dit met sneeu bedek is, soos die wit magriet blom! Ander is weer 'n see van oranje; en dan stap jy tussendeur en sien blou sporrie, felicia, lachenalia, gladiool wegkruiper speel."
"Die meerderheid van die mense met wie ons in aanraking gekom het was nie baie vriendelik nie - gedink by die groot padstal sal die mense meer toeristevriendelik en hulpvaardig wees, maar toe nie. Vredendal se mense is baie vriendeliker."
"The town looks busy, bustling and well functioning, perhaps because of flower season. A good Spar in town so you can do your shopping here. And then plenty of eateries. Clanwilliam also seems to have a general neatness about it although I have to admit, we did not see the whole town."
"As j vir 'n wegbreek wil gaan, besoek Clanwilliam. Dis 'n awesome plek. Jy sal die rustige atmosfeer baie geniet."
"Ons het net deurgery vir die aand, so ek kan nie veel kommentaar lewer oor Clanwilliam nie, maar van die bietjie wat ek gesien het, is die mense vriendelik. Ek weet daar is 'n teehuis en verskeie buitelugaktiwiteite in die area - spesiaal vir klimmers en stappers."