Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"'n Pragtige plek wat my weer sal sien aangesien dit baie gereën het en ons nie alles kon doen en sien wat ons wou nie. Pragtige deel van ons land."
"Regtig die moeite werd, die plekkie se rustige atmosfeer laat jou ontspan en jy vergeet van alles en almal om jou. Daar is so baie om te sien."
"Fantastiese klein dorpie waar die mense sommer in jou hart inkruip! Gaan definitief weer hier bespreek!"
"We love Clarens but only went through on way to Oudtshoorn and on way back. We had the greatest lunch and breakfast at the Kooperasie Restaurant with an unique menu. The weather was not too hot and we wanted to play golf but had to cancel as the course was wet and we could not use the carts. Will make a weekend out of our next visit and stay and play golf and enjoy the town."
"Dog friendly. Great hikes. Great restaurants. Friendly service. Clean and quaint little town. Next time I will stay longer than a weekend."
"Dis een van die oulikste dorpies in Suid-Afrika, word hoogs aanbeveel. Prentjiemooi tussen die berge. Interessante winkeltjies en restaurante."
"Clarens sal altyd baie spesiaal wees en daar sal nog baie besoeke in die toekoms wees."
"Geniet die dorp elke keer, lekker om daar rond te loop, jammer om te sien dat van die plekkies gesluit het maar hoop alles sal weer optel en kan voortgaan."
"Clarens bly maar 'n mooi dorpie met goeie winkels om in rond te snuffel, enige vrou se droom."
"Clarens is kos vir enige siel. Clarens sy berge, mense en atmosfeer. Is my happy place. "
"Sowaar die Vrystaat se juweel. Soveel om te sien en te doen. Die dorpie self het natuurlik daardie nostalgiese winkeltjies en restaurante waarvoor hulle bekend is en wat iets vir almal bied. Omring met die pragtige Maluti bergreeks vir die natuurliefhebbers en fotograwe. Maar dan is daar ook die wynplaas waar jy kan wynproe en koop asof jy al die pad Kaap toe gery het. "
"It is such a quaint little town. Lovely restaurants. Awesome shops and it is good to see that there are some renovations and more developments happening in Clarens. We would just suggest that the restaurants stay open later. The only one that was really good and available was the Postbox as they were accommodating and their food was lovely. "
"Dit is 'n plekkie waar 'n mens kan 'n huisie koop en aftree, die uitsig is besonders mooi."
"This little town has become our one stop holiday destination, with all the latest changes with shops and opening of new shops in between, there is just always something to see in town. We have grown to almost be locals, and making rounds to all the restaurants, trying different meals. For a relaxing stroll and not minding your meal eaten at different restaurants just to be different, then Clarens is the place to go."
"Great pet friendly town with plenty of hiking trails on offer."
"Wat 'n lieflike plattelandse dorpie. Toerisme het gely tot baie groei in die dorp maar hy het sy karakter gehou. Baie oulike winkels en fantastiese restourante en eetplekkies om te verken."
"Clarens het 'n bekoring van sy eie. Kuns- en algemene aankopies bly 'n groot lekkerte in hierdie dorpie. Die strate is net erg beskadig deur die reen en sal hopelik gou weer herstel word."